|
Wat het ons besiel? Wel dit het alles begin op die ‘n kamp wegbreek naweek in November 2013 in Jongensfontein karavaanpark. Ons is albei kranige tent kampeerders, of dit nou in ‘n daktent is of in ‘n grondtent is. In ons tent langs die see het ons, ons reg gemaak vir 3 heerlike dae van sonskyn. Op dag 2 verdwyn die son en die reën sak neer oor ons tentjie. Langs ons in die reën sit twee kampers heerlik hoog en droog in hul karavaan en geniet die oomblik. Net daar en dan word ‘n droom gebore: Kom ons soek vir ons’n karavaan so groot soos ons tent. En die soektog begin. Die droom groei van een goeie tweedehandse karavaan na een wat ons kan oor doen na ons smaak. En daar kry ons hom! ‘n Jurgens Fleetline 4, 1982 model. Sy het in die veld gestaan vir die laaste 4 jaar en gedien as ‘n bos kamp. Op 10 Desember 2013 word sy gered en na haar “Make Over” gesleep. Nou ja, ek droom van net hier en daar ‘n dingetjie verf of regmaak en siedaar, sys reg. Dadelik besluit my vrou dat die projek moet klaar wees 8 January 2014, Ons moet Potch toe en die karavaan moet saam. Hoekom wil ek weet? Rome is mos nie in een dag gebou nie, ja word daar gesê, net omdat sy nie die bouer was nie, hy moet klaar! En die tema moet ‘VINTAGE’ wees. En toe die groot ondekkingsreis, het ek ‘n ‘Pandora box’ oop gemaak? sovêr as wat ek begin oop maak is alles vrot. Voor ek my kon kry staan sy boude en blaaie uitmekaar en die 8 ste Jan. kom nader. Ek haal hande vol mier neste uit die agterste panele uit (foto no. 1), spuit gogga gif en begin om ‘n hele plantasie se hout te vervang. Hoe gemaak met water lekkasies, gebruik ‘n spesifieke seëllaar aanbeveel deur ‘n regte karavaan herstel agent. Wel eerder teveel as te min, 8 buise seëllaar, 600 skroewe, nagenoeg 300 man ure, 30 liter verf vêrder en sy is klaar. Die stoof en wasbak word binne uitgehaal en ‘n uittrek laai word gepraktiseer wat ook sommer dien as ‘n tafel, stoof en wasbak. My vrou is ‘n kunstenaar in ons huis en sy is verantwoordelik vir al die kunswerke binne en buite. Dit maak ons karavaantjie net so spesiaal en uiters besonders. Kampgroete Steph en Karen du Toit |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |